Word SA nou ’n mensvreter land?


Wetenskaplikes het spore van mensvleis in kookvleis gevind. Hierop was hulle kommentaar dat dit geen gevaar inhou vir verbruikers wat dit eet nie.

Verder is bevind dat slegs 15% van vleis wat verkoop word, heeltemal korrek geëtiketteer is.

Louw Hoffman, wetenskaplike van die Universiteit van Stellenbosch, sê sy span het ‘n mikrobiale voedselontleding gedoen, wat ook menslike DNS in vleis monsters opspoor. Hy het gesê die menslike weefsel hou nie ‘n gevaar in nie.

Hoffman het gesê die produkte wat ontleed is, is meestal wors en maalvleis. Hy wys ook daarop dat 95 uit 139 produkte wat getoets is, verkeerd geëtiketteer is.