Weermag soldate word besny


Sowat 450 Suid-Afrikaanse soldate is besny as deel van ’n Amerikaanse program om MIV vigs in die weermag hok te slaan.

Dit is alom bekend dat honderde van die SANW soldate reeds besmet is.

Die Amerikaanse weermag se Afrika-hoofkwartier (Africom), bedryf verskeie MIV/vigs-bestrydingsprogramme waarvan een in die SANW is.

Volgens ’n woordvoerder help die besnydenis nie net in Suid-Afrika met die beperking van besmetting nie, dit “beskerm” die soldate in die buiteland tydens operasies aldaar.

Waarnemers en kenners meen dat die besnydenis ’n geringe bydrae kan lewer om besmetting te voorkom, en die kultuur van die meeste soldate is sodanig dat dit weinig of geensins sal bydrae om besmetting te voorkom nie.