Weermag optrede ontlok vrae en eise


Die chaotiese optrede van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermagtroepe in die Sentraal-Afrika Republiek het daartoe gelei dat talle soldate doodgeskiet is en ’n groot aantal gewond is.

Onbevestigde berigte dui daarop dat ’n groot aantal soldate ernstig gewond is en dat hospitalisasie nie moontlik is nie wens die feit dat die rebelle die hoofstad oorgeneem het.

Die SANW en die ANC regering ondervind tans ernstige verleentheid omdat hulle aangewys is op ’n Westerse land, Frankryk, om hulle gemors reg te maak en die troepe uit die land te bevry.

Familie en vriende vra nou ernstige vrae. Van die belangrikste vrae is ondermeer waarom die soldate nie ondersteuning geniet het van die lugmag nie. Dit kon ontsnapping bespoedig het. Hulle wil ook van die regering weet watter ander maatreëls getref is om die soldate se veiligheid te verseker.

Die samestelling van die SANW was in 2011 soos volg: 54 503 (70.6%) Swart; 12 106 (15.7%) Wit; 9 687 (12.6%) Kleurlinge; 872 (1.1%) Indiërs;