Waterkrane gee rioolwater


Badplaas in die Oos-Transvaal se kraanwater is ondrinkbaar. Dit is as gevolg van die feit dat geen instandhouding van die suiweringsaanleg gedoen word nie.

Die kraanwater is blykbaar swaar besmet met aluminium.

Na wat berig word, is talle ander dorpe in die Luthuli- plaaslike owerheid se gebied se kraanwater besmet met allerlei bakterieë.

By van die skole in die streek loop rioolafval uit die krane.

Badplaas se drinkwater het glo 14 keer meer waterlewende organismes as wat in skoon drinkwater is.