Vryheidsfront verklaar oorlog


Die Vryheidsfront Plus het glo oorlog verklaar.

Die oorlog is teen die regering se transformasie, regstellende aksie en swart ekonomiese bemagtiging. Dit volg na Jacob Zuma die parlementêre opposisie genooi het om gevalle van diskriminasie weens beleid onder sy aandag te bring.

Die VF+ gaan ’n petisie-veldtog begin vir mense wat meen hulle is deur regstellende aksie benadeel.

Zuma het ’’n vraag deur adv. Anton Alberts van die VF Plus geantwoord en die “veglustiges” gevra om eers hul feite na te gaan voor hulle wilde bewerings maak.

Alberts het glo beweer ’n vyfde van wit mense woon in plakkerskampe. Hy wou weet waarom die regering steeds vashou aan regstellende aksie, swart ekonomiese bemagtiging en sogenaamde transformasie terwyl meer swart as wit mense eiendomme besit.

Hy het ook gese ewe veel swart as wit mense besit aandele op die Johannesburgse Effekte Beurs.