Vrou skiet terroris dood


Mev. Susan Pohl (52) van Tzaneen moes baie vinnig handel toe ’n terroris haar met ’n mes aanval. Sy het probeer keer met haar linker arm, maar toe die aanvaller haar raak steek in die arm, het sy haar vuurwapen gebruik en hom drie stukke lood gegee. Hy het probeer vlug, maar het skielik neergeslaan – morsdood.
Sy sê “Dit was ek of hy.”

Drie van die vier skote het die man getref.
Sy moes na ’n stoorkamer op die kleinhoewes buite Tzaneen gaan wat deur kwaaddoeners afgebrand is om die skade te bepaal..

’n Terroris het onverwags agter die verbrande rommel uitgespring, op haar afgestorm met ’n mes in die hand.

Mev. Pohl is die afgelope 11 jaar ’n weduwee en woon alleen, daarom dra sy altyd haar wapen by haar.
’n Polisie woordvoerder sê dat geen klag van moord gelê word nie. Die polisie sal wel ’n ondersoek na die dood doen.