Vrou eis miljoene teen Afriqiyah Airways


Mev. Ilse Matthee (46) van Stellenbosch kry byna R13.5 miljoen van die Franse Afriqiyah Airways nadat die gesin se primêre broodwinner dood is toe ’n vliegtuig in Tripoli, Libië, neergestort het.

Mev. Matthee (46) het ’n skikkingsooreenkoms met dié lugdiens bereik en trek haar aanvanklike eise terug.

Die hooggeregshof in Pre¬toria het aangedui dat die skikking in belang van die twee kinders is. Mev. Matthee het aanvanklik sowat R25 miljoen geëis.

Dié Airbus A330-vliegtuig het op 12 Mei 2010 in Tripoli neergestort. Net een passasier het die ramp oorleef.

Matthee se man, Anton, wat vir Vestech SA gewerk het, is in die ongeluk dood.