Voertuigkapers veroorsaak dood


Kaapstad: Corne Whelman (41) was op die regte tyd by die verkeerde plek. Sy is dood nadat twee vermeende kapers in ‘n jaagtog met die polisie teen haar motor gebots het.

Sy was op pad werk toe. Die twee kapers het ‘n rooi verkeerslig verontagsaam by Buitengracht- en Strandstraat.

Die kapers, van Nyanga en Philippi, is op die toneel in hegtenis geneem. Hulle het slegs kopbeserings opgedoen.