Vir die huisvrou – Rabarber konfyt


Die Vryburger het dit goedgedink om die lesers te bederf met beproefde resepte, wat beloof om nooit ‘n flop te wees nie. Hierdie maand gaan ‘n paar resepte oor voedelpreservering plaas. Probeer dit gerus!

Rabarber konfyt:
5 koppies gekerfde rabarber
3 koppies suiker
1 pakkie ongegeurde gelatien

Was die rabarber goed en sny in blokkies
Gooi 2 en driekwart koppie suiker oor rabarber en los oornag in die yskas.
Kook die rabarber saam met die suiker vir so 10 minute of todat dit sag is.
Meng die res van die suiker saam met die gelatien.
As die rabarber sag is, haal dit van die stoof af en die gooi gelatien-mengsel by.
Meng goed deur todat al die suiker opgelos is.
Gooi in houers en sit dit in die yskas.
Dit kan die volgende dag gebruik word.