Verbruikers skuld Munisipaliteite miljarde Rand


Suid-Afrikaanse munisipaliteite word nie maandeliks betaal deur derduisende verbruikers nie. Meer as R81 miljard word aan munisipaliteite geskuld vir dienste gelewer.

’n Woordvoerder van die Suid-Afrikaanse Plaaslike Regeringsvereniging (Salga) het die gegewens bekend gemaak.

Dit groei eksponensieel en maatreëls word blykbaar nou in plek gestel.

Hy sê daar was dispute oor geld en ander is gekompliseerd. In sommige sake was daar oplossings.

“Waar daar geen dispuut is nie, moet die geld betaal word.”

Hy het gesê werkloosheid en afleggings is ‘n probleem wat veroorsaak dat betalings nie gemaak word nie
“Daar is glo mense wat nie kan bekostig om vir dienste te betaal nie, omdat hulle nie genoeg geld het nie. Dit is ‘n groot bekommernis.”

Waarnemers het egter daarop gewys dat as iemand nie kan betaal nie dan behoort die siens beëindig te word. Dit word blykbaar net gedoen in die tradisionele blanke gebiede terwyl duisende plakkers die geriewe het maar nie ’n duit betaal nie.

Krag diewe is ook vollop in Suid-Afrika, het een waarnemer opgemerk.

Die foto toon hoe krag gesteel word deur dit te tap van die hooflyn.