Venezuela se president sterf aan kanker


Pres. Barack Obama van Amerika wil skynbaar ‘n konstruktiewe verhouding met Venezuela hê. Die aankondiging is gemaak nadat dit bekend geword het dat pres. Hugo Chavez, ‘n uitgesproke vyand van die VSA, oorlede is.

Pres. Chavez (58) het ‘n twee jaar lange stryd teen kanker verloor en nou staar die olieryke land ’n groot onsekerheid in die gesig.

Venezuela se vise-president, Nicolas Maduro, het die aankondiging oor die president se dood in ‘n televisie program aangekondig.

Kenners is van mening dat die VSA graag vriendskapsbande wil aanknoop met die olieryke land, ten einde ’n hand in die oliebronne te kry.