Van Cliburn oorlede.


Gedurende die laat vyftigs en vir die volgende dertig jaar daarna, was Van Cliburn die bekendste pianis op die planeet. Nie net vir sy netjiese voorkoms nie of dat President Eisenhower gevra het om hom te ontmoet het nie, maar omdat hy vir sy landgenote die simbool van Amerika se dominansie in die Koue Oorlog geword het.

In Oktober 1957 het die Sowjetunie die VSA in die ruimtewedloop gewen toe hulle die eerste ruimtetuig Sputnik 1 suksesvol gelanseer het. Hierna wou Moskou ook sy kulturele meederwaardigheid bewys. Die geleentheid was die eerste Tchaikovsky kompetiesie en die jurie het uit die top Sowjetmusici bestaan: Dmitri Shostakovich, Emil Gilels, Sviatoslav Richter en Sir Arthur Bliss van Brittanje.

Die idee was dat ‘n Russiese pianis die kompetisie sou wen. Cliburn se uitvoering van Tchaikovsky se Eerste Klavierkonsert en Rachmaninov se Derde het die jurie so beïndruk dat hulle die politici om leiding gevra het. “Is hy die beste?” het Nikita Khrushchev, die Sowjetleier gevra, “gee dit dan vir hom.”

Vir die Amerikaners was hy die “Amerikaanse Sputnik.,” en “die man van Texas wat Rusland verower het.” Op die tydstip wat die Amerikaners ‘n held gesoek het, was Van Cliburn daar. Tog het die politiek nie vir Cliburn veel beteken nie. In 2008 het hy gesê dat hy niks verower het nie. Die Russe het sy hart verower.

Die ironie is dat hoewel Cliburn reeds die mees gesogte klavierpryse in sy land gewen het, was hy steeds onbekend. Dit het ‘n Koue Oorlogtriomf geneem om in sy eie land erken te word. Geen wonder dat toe Shostakovich die prys aan hom oorhandig het, dat hy gesê het dit is nie ‘n Amerikaanse oorwinning nie. Dit het ‘n sukses in die Sowjetunie geneem om vir die Amerikaners te wys watse groot pianis hulle in hulle midde het.

Met sy terugkeer in Amerika was hy die enigste klassieke kunstenaar wat met ‘n “ticker tape” deur die skare verwelkom is. Sy opname van die Tchaikovsky klavierkonsert was die eerste keer dat ‘n klassieke werk in ‘n ommesientjie platinumstatus bereik het.