Tref-en-trap skuldenaar identifiseerbaar


Kort nadat berigte in die media verskyn het van die tref-en-trap-ongeluk in Benoni, het ‘n ooggetuie die motor se registrasienommer aan die beseerde seun se ouers verskaf.

Joshua O’Callaghan (11) en sy oupa, Lee Acorn, is verlede week aangeval toe hulle rustig gehengel het by ‘n dam.

Joshua het daarin geslaag om weg te kom en op die N12-snelweg motoriste se aandag probeer trek. ’n Mercedes-Benz motor het hom in die noodrybaan raak gery.

Hy het kneusplekke opgedoen, en sy linkerbeen is gebreek.

Trevor O’Callaghan, sy pa, is verlig dat hy die bestuurder se besonderhede kon kry. Hy het die voorval by ‘n polisiestasie aangemeld.

Die ooggetuie het die bestuurder van die Mercedes sien stop, hy het uitgeklim en die seun gesien lê, teruggeklim in sy motor en weggejaag.