Totale kommunisme jou voorland


Nuwe wetgewing is ter tafel om onteiening van besittings moontlik te maak teen ’n prys soos wat die regeerders wil betaal.

Die Departement van Openbare Werke het ’n nuwe weergawe van die Onteieningswet voorgelê.

Die nuwe wet maak voorsiening dat onteienings ook ter wille van grondherverdeling gedoen mag word en die staat besluit oor die prys daarvan.

Dr. Anthea Jeffery van die Suid-Afrikaanse Instituut vir Rasseverhoudinge (SAIRV), sê die nuwe wetgewing maak haar bang en dit is “slegte” wetgewing.

Dié wetgewing sal die regering magtig om enige bates te onteien. Die prys kan veel minder as markwaarde wees.

Die onteiening sluit ook ander bates in, soos aandele en patentregte.

Woordvoerders het aan Die Vryburger gesê dat dit ons land ’n volledige kommunistiese land sal maak aangesien niks meer jou eie sal wees nie.