Tiener ontdek metode vir kankertoets


Jack Andraka (15) van Kalifornie in die VSA was geskok toe ’n huisvriend aan kanker in die pankreas dood is en het gevolglik begin navorsing doen op die internet.

Die feit dat die siekte eers ontdek word nadat dit reeds te laat is, was vir hom onaanvaarbaar.

Hy het vasgestel dat duisende proteïene bespeur kan word in die bloed van mense wat kanker in die pankreas het. Toe het hy begin soek na een wat as vroeë waarskuwingsteken kon dien.

Jack het die antwoord gevind. Die papier sensors wat nou gebruik word om die proteïen mesotileen in die bloed op te spoor, het hy beskryf as so maklik soos om koekies te eet.

Die toets sal in Suid-Afrika minder as R1-00 kos (doktor konsultasie uitgesluit) en sal binne enkele minute voltooi word. Dit wil lyk of die eenvoudige toets 100% akkuraat is.