Sy tiere gaan saam werk toe


Goosey Fernandez van Springs is so lief vir sy tiere dat hy hulle saamneem werk toe.

“Dit is ‘n plesier om my katte by die werk te hê,” sê die man wat nie minder as elf van die katte het nie.

Fernandez is die eienaar van ‘n motorwerkswinkel en van die tiere loop bedags rond op die perseel en speel met mekaar.

Hy het ook drie leeus.

Fernandez is ook die eienaar van Panjo, die tier wat twee jaar gelede uit sy bakkie gespring het en toe vermis geraak het.

Gelukkig het Panjo twee dae later terug gekeer na sy baas. (Foto)