Suid-Afrika produseer uitstekende wyne


Die direkteure van Systembolaget, ’n Sweedse maatskappy, het tydens ’n mediakonferensie in Kaapstad gesê hulle is baie beïndruk deur die plaaslike wynbedryf en wat deur produsente vermag word.

Die Maatskappy is die grootste enkele aankoper van Suid-Afrikaanse wyn. Swede is die vierde grootste koper van Suid-Afrikaanse wyn.

Die besoekers uit Swede het talle wynplase besoek en met belanghebbendes in die Suid- Afrikaanse wynbedryf vergader.

Suid-Afrika verkoop meer as 30 miljoen liter wyn per jaar aan Systembolaget wat meer as 600 wyne se handelsname verteenwoordig.