Soldate-fiasko vergroot vêrder


Die fiasko rondom die soldate in die Sentraal-Afrika Republiek is besig om al groter te word.

Die ANC/SAKP se pres. Jacob Zuma het in Pretoria aangekondig dat daar nie nege soldate doodgeskiet is nie, maar wel13 terwyl een soldaat vermis word.

Die Suid-Afrikaanse regering bly nog steeds in gebreke om bekend te maak hoeveel soldate gewond is en watter maatreëls nou getref word om die vlugtende Suid-Afrikaanse soldate uit die land te kry.

Waarnemers wil ook weet wat die mislukte operasie Suid-Afrika gaan kos, ingesluit die vergoeding wat aan slagoffers se naasbestaandes betaal moet word.
Die hele operasie word nou nog meer bevraagteken. Mense wil nou weet waarom die SANW hulle bemoei het met die aangeleentheid wel bewus daarvan dat die soldate nie behoorlik opgewasse is vir sulke operasies nie en dat lugmag ondersteuning nie beskikbaar gestel is nie.