Sleep die polisie!


Die ontstelde familielede van Mido Macia (27), die Mosambiekse taxibestuurder wat agter die vangwa gesleep is, vra nou dat dieselfde met die polisiebeamptes gedoen moet word.

Hulle wil hê geregtigheid moet toegepas word.

“Ons wil hê hulle moet voel hoe dit voel om agter ’n motor aan gesleep te word,” het Carlos Antonio Mutiniucuio, ’n neef van Macio, gesê.

Macio se hande is blykbaar met plastiek kabels aan die vangwa se vloer vasgebind en is so vasgebind gesleep.
Die voorval is op video en maak opslae in die buiteland.