SAPD nou spioene?


Die SAPD se top besluitnemers het nou ’n nuwe strategie bekend gemaak om seker te maak dat polisiebeamptes hulle nie besig hou met onwettighede nie.

Die nuutste metode om die korrupsie en onwettige bedrywighede van die polisie te beëindig is om op mekaar te spioeneer. Volgens die hoofde van die SAPD sal dit die beamptes meer versigtig maak wanneer hulle oorweging gee aan onwettige bedrywighede.

Oud-SAP lede het aan Die Vryburger gesê dat die nuwe werksmetode twee elemente bevat wat klaarblyklik nie verreken word nie.
Die belangrikste is dat die spioenasie op mekaar die kameraadskap tussen beamptes finaal vernietig. Die ander moontlikheid is ook dat polisiebeamptes wat eintlik nie in die Diens tuishoort nie, mekaar gaan help om met hulle onwettighede voort te gaan

Dit verswak die polisiediens nog vêrder, het een gesê.