Saoedi-Arabië onthoof gewapende rowers


Sewe mans, wat van gewapende diefstal en plundery skuldig bevind is, is in Saoedi-Arabië onthoof.

Die teregstellings het blykbaar in Abha plaasgevind.

Die sewe mans is aanvanklik in 2006 in hegtenis geneem en eers in 2009 gevonnis.

Die menseregte groep Human Rights Watch het gevra dat hul vonnisse geskrap word omdat die mans almal minderjarig was.
Die regering van die land het nie eers gereageer op die versoek nie. Die enigste antwoord daarop was dat almal onthoof is.

Altesaam 25 mense is reeds in hierdie jaar in Saoedi-Arabië onthoof.