SA het negende meeste tronkvoëls


Suid-Afrika het met sowat 165,000 gevangenes by verre die grootste tronkbevolking in Afrika en staan negende grootste ter wêreld.

Ndebele, die Minister van Korrektiewe Dienste, het gesê 30% van die gevangenes is verhoorafwagtend.

Gemiddeld 23 000 in tronke word elke maand vrygelaat, maar 25 000 word terselfdertyd in die stelsel opgeneem.

Waarnemers meen die feit dat Suid-Afrika se bevolking aansienlik kleiner is as honderde ander lande, maak die tronkbevolking getalle soveel meer onaanvaarbaar.