Rupert rykste in Suid-Afrika


’n Amerikaanse tydskrif “Forbes” het sy lys van die rykste miljardêrs ter wereld opdateer. Ses Suid-Afrikaners vorm deel van die lys.

Volgens die tydskrif is Johann Rupert, die voorsitter van Richmont, en sy familie die hoogste op die lys vir Suid-Afrika.

Rupert is volgens die tydskrif nommer 179 op die wereld se lys van rykste miljardêrs met ’n beraamde skat van bykans R60 miljard.

Sy rykdom het blykbaar met 30% gegroei in die afgelope jaar. Voorheen was die Oppenheimer familie die no een miljardêr.

Nicky Oppenheimer en sy familie is nie vêr agter nie en staan nou op nommer 182.