Roep jy my?


Dolfyne roep mekaar op hulle naam.

‘n Berig in Sign of the Times sê dat elke dolfyn ‘n eiesoortige fluit het. Stephanie King van die Universiteit van St Andrews se Seesoogdier navorsingsinstituut sê dat dolfyne ander se fluite namaak en hulle sodoende “op die naam roep.”

Sy sê dat ‘n dolfyn stuur sy eiesoortige fluit uit om sy identiteit bekend te stel en sy teenwoordigheid aan te kondig. Daardeur kan die soogdiere mekaar oor groot distansies van tot 20 km identifiseer.

Indien dolfyn A met dolfyn M wil kontak maak, moet hy M se eiesoortige fluit namaak om hom te roep. Hoewel die nagemaakte fluit in frekwensie verskil van die oorspronklike een, eien en reageer die dolfyn daarop.

Daar het jy dit dus: ‘n waterbrak wat sy naam ken en kan spel.