Renosterhorings weg uit polisiestoor


Die SAPD van die Assen-polisiekantoor buite Brits weet blykbaar nie wat van die stel renosterhorings geword het nie, dit is net weg.

Die horings is ’n stel van die twee stelle wat in November in dié polisiekantoor gestoor is ná ’n strooptog.
Die strooptog was in die Klipkopspruit se privaat reservaat, nie vêr van Sun City nie.
Daar was agt renosters binne ’n paar dae gestroop, maar die stropers het twee van die horings gelos.

’n Woordvoerder van die Valke, ene kapt. Paul Ramaloko, erken ’n dat die horings uit die polisie se stoor verdwyn het.

’n Diefstalsaak is aanhangig gemaak. Die horings is gesteel sonder dat daar ingebreek is in die stoor.
.
Waarnemers is van oordeel dat die polisie die enigste moontlike diewe kan wees.