Renosterhoring diewe betrap


Twee swart plaaswerkers is in Ellisras gevang en gearresteer toe hulle probeer het om ‘n renosterhoring te verkoop. Die horing is gesteel van hul werkgewer.

’n Polisiewoordvoerder sê die twee swartes, beide in hulle dertigerjare, het die horing uit hul werkgewer se gebou gesteel terwyl hy met vakansie was.
Die twee wou glo die horing aan ‘n polisiebeampte verkoop. Die beampte wat hom as ‘koper’ voorgedoen het, het met hulle ooreengekom op ‘n betaling van R200 000.

Die twee skelms is onwetend na ‘n polisiekantoor gelei, waar hulle die geld sou ontvang, waar hulle in hegtenis geneem is.