Regsmening: Skiet inbreker dood


Indien iemand twyfel het oor sy reg al dan nie om ’n inbreker, hetsy bedags of snags, te vind jou huis, is jy geregtig om te skiet – en om dood te skiet.

Dit is die antwoord wat prof. Tom Coetzee bied.
Hy sê die antwoord is: Ja, jy mág ’n inbreker in jou huis skiet en selfs doodskiet.

Daar is egter reëls en prosedures en omstandighede.
In ’n paar woorde: wederregtelikheid en die redelike mens word in ag geneem.

Prof. Tom Coetzee van Potchefstroom, wat sy doktorsgraad in strafreg verwerf het en lank as streeklanddros waargeneem het, stel dit só:

“As ’n lid van die publiek bewus word van ’n inbreker in sy huis, of dit nou dag of in die nag is, wéét hy mos dat daardie inbreker nie daar is om ’n koppie koffie te kom drink nie”, sê die geleerde.

Dit is redelik dat die huiseienaar onmiddellik skiet, al is dit ’n doodskoot. Van moord op die inbreker is daar in sulke omstandighede geen sprake nie, want die huisbewoner se handeling was nie wederregtelik nie.

“Hy het nie geskiet omdat hy keelvol is vir misdaad nie, hy het geskiet omdat hy wettig sy lewe en dié van sy gesin en sy eiendom wou beskerm,” is sy atwoord op die vraag.