Prinses se rokke op veiling verkoop


‘n Aantal van prinses Diana se indrukwekkendste aandrokke is vir meer as R11 miljoen verkoop by ‘n veiling.

‘n Blou rok wat sy blykbaar na ‘n ete in die Withuis in 1985 gedra het, was glo volgens Taylor-afslaers een van die mees gesogte items.

Dié rok is vir R3,4 miljoen aan ‘n Brit verkoop.

Al die rokke is oorspronklik tydens ‘n veiling vir liefdadigheid in 1997 in New York verkoop. Dit was slegs twee maande voor die prinses se dood.