Pretoria kry ’n ander Uitvoerende burgemeester


Gerugte doen die rondte dat die Metro binnekort ’n ander burgemeester kry.

Die ANC se streekraad vergader vandeesweek glo in Pretoria met die party se provinsiale Uitvoerende Raad om ander een in plek van Kgosientso Ramokgopa te bespreek.

Ramokgopa ontken egter dat hy die pos gaan verlaat maar die ANC sê hy is op pad uit.

Ramokgopa het blykbaar ’n aanbod van die selfoonmaatskappy MTN aanvaar.

Kgosientso Ramokgopa wat as burgemeester oorgeneem het by sy tante, Gwen Ramokgopa, het nou in onguns verval by die ANC.

Waarnemers sê sy mislukte pogings om Pretoria se naam te verander is een van die redes waarom hy vervang word.