President mislei Suid-Afrika


Pres. Jacob Zuma het Suid-Afrika met sy staatsrede gepaai en gerus gestel toe hy gesê het hy maak erns met korrupsie.

Die feite is egter dat hy die teendeel doen aangesien die teenkorrupsie-eenheid se begroting met miljoene Rand gesny is.

Tydens besprekings in die Parlement is kommer uitgespreek oor die besnoeiings op die regstelsel asook op die Spesiale Ondersoekeenheid wat korrupsie moet teenwerk.

Die Ondersoekeenheid se besnoeiings sal sowat R40 miljoen beloop en dit gaan ernstige gevolge inhou vir die land.

Politieke woordvoerders sê die president het Suid-Afrika mislei. Hy praat reg en doen verkeerd, is gesê.