Pres. Bozize vlug landuit


Betroubare berigte is ontvang dat die Sentraal-Afrikaanse Republiek (SAR) se president, Francois Bozize, na die Demokratiese Republiek van die Kongo gevlug het.

Bozize, en sy hele familie moes die land vinnig verlaat nadat rebelle algehele beheer van die land se hoofstad, Bangui, oorgeneem het.

Suid-Afrikaanse soldate het hulle rieme vasgeloop teen die rebelle. Na berig word is nege doodgeskiet en talle gewond.

Die SANW se soldate moes die aftog blaas nadat hulle verpletterend verslaan is deur die rebelle en sal waarskynlik nou deur Frankryk gehelp moet word om terug te keer na Suid-Afrika. (sien volledige berig elders)