Premier moet miljoene opdok


Die Johannesburgse balju het by Nomvula Mokonyane, Sentraal-Transvaal se premier, opgedaag om beslag te lê op bates van R5 miljoen.

Die rede hiervoor is dat sy vyf maande ná ’n hofbevel nog nie ’n skadevergoedingseis betaal het nie.

Mnr. Danie Bezuidenhout, adjunk-balju in Sandton-suid, is egter nie tot die perseel toegelaat deur wagte om die beslagleggingsbevel uitvoer nie.

Mokonyane is Oktober 2012 deur die hooggeregshof beveel om R5 miljoen aan Nico van Niekerk (30) van Secunda te betaal.
Van Niekerk het weens ’n suurstoftekort tydens ’n operasie in die Charlotte Maxeke-hospitaal in Johannesburg breinskade opgedoen.

Dit is een van minstens tien skadevergoedingseise teen die premier die afgelope jaar wat sy nie betaal het nie totdat die balju by haar huis of kantoor opgedaag het.

Dié sake se totale waarde beloop reeds meer as R28 miljoen.