PPI styg


Suid-Afrika se Produksie Prys Indeks (PPI) het in Januarie 2013 toegeneem met 5,8%. Aangesien dit ‘n invloed het op die land se inflasieverwagtinge word die syfers vir die nuutste verbruikerprysindeks met belangstelling ingewag.

Die grootste bydraers tot die styging in die PPI kom van voedsel en drank wat met 6,5% gestyg het; steenkool, petroleum, chemiese produkte, rubber en plastiek wat met 7,8% verhoog het en elektrisiteit en water wat gestyg het met 12,3%.