Posstaking kos SA mijoene Rand


Briewe en pakkies sal nou weer, ná drie weke van stakings in Pretoria en Johannesburg stuk-stuk afgelewer word.

Die Uitvoerende hoof van possake van die Poskantoor het glo gesê die oudste pos sal eerste afgelewer word.

Dit kom nadat groepies werkers van die Poskantoor weer begin werk het nadat hulle met afdanking gedreig is.

Die onwettige staking is nog lank nie verby nie. Talle diensverskaffers verloor daagliks derduisende Rande.
Daar is instansies wat tot R2 miljoen verloor het weens die staking wat middel Februarie begin het.

’n Woordvoerder van die Oranje Sakekamer van Pretoria het aan Die Vryburger gesê die vakbonde en hul onwillige werkers wat vir elke bakatel staak, is besig om die Suid-Afrikaanse ekonomie te vernietig.

Wat hierdie stakers gaan doen om aan die lewe te bly as die ekonomie in duie gestort het, moet die stakers maar self besluit, het hy gesê.