Poolse mynwerkers veilig


Die mynwerkers wat in ‘n kopermyn in Pole vasgekeer was na ’n aardbewing, is almal gered.

Die mans was meer as 1,000 meter diep ondergronds vasgekeer ná ’n aardbewing, wat 4,7 gemeet het.

Aanvanklik is berig dat 18 mynwerkers vasgekeer was maar later is vasgestel dat dit 19 werkers is.
Die reddingspan was op ’n stadium bekommerd dat hulle die werkers nie betyds sou bereik nie. Die werkers moes later hul suurstof silinders koppel, en dit kon slegs enkele ure in die werkers se behoeftes voorsien.

“Al 9 mynwerkers is lewend gevind en nie een het ernstige beserings opgedoen nie,” het ‘n woordvoerder gesê.