Poolse mynwerkers vasgekeer


Agtien Poolse mynwerkers is ondergronds vasgekeer ná ‘n aardbewing by ‘n kopermyn in die suidweste van Pole.

Die volledige besonderhede is nog nie bekend nie. Geen inligting is beskikbaar oor die werkers of daar beserings is nie.

“Ons het geen kontak met hulle nie. Alle telefone en ander verbindings daarheen is verbreek,” het ’n woordvoerder van die myn gese.

Vier ander mynwerkers wat ook onder die grond vasgekeer was, kon daarin slaag om te ontsnap.

Altesaam 42 mynwerkers het in die gebied gewerk toe die aardbewing plaasgevind het.