Polisie wreedheid op video


Die SAPD het hulle weereens skuldig gemaak aan wreedheid met die dood van ’n Mosambiekse taxibestuurder wat byna 500 meter agter ’n polisievoertuig gesleep is.

Die saak word nou glo ondersoek deur die Onafhanklike Polisie-ondersoek direktoraat.

’n Video wat met ’n selfoon geneem vertoon die gebeure.

Die aangeleentheid is wêreldwyd skerp veroordeel. Waarnemers sê die optrede van die polisie dui daarop dat Suid-Afrika se hoë vlakke van misdaad deur die polisie bevorder word en nie bekamp word nie.

Sapa berig dat selfs pres. Zuma, (wat nooit ’n woord rep oor moorde op blankes nie), gesê het geen menslike wese behoort op dié manier behandel te word nie.

Volgens ooggetuies en die selfoonvideo het Mido Macia in Epilwenistraat in Daveyton gery en stilgehou om passasiers op te laai toe polisie agter hom stilgehou het en hom beveel het om te ry. ’n Stryery het ontstaan en die polisie wou blykbaar sy voertuig se sleutel vat.

Ander taxibestuurders beweer dat dit ’n teken is dat hulle geld eis.

Die taxibestuurder is later in aanhouding dood.

Die Vryburger het intussen berig ontvang dat al agt die polisielede wat by die saak betrokke was, geskors is, hulle wapens is afgevat en is in hegtenis geneem.

Europese koerante het na die voorval verwys en terme soos “Brutale RSA, wreedaardige SA, onbevoeg en korrupte SA.