Pa verdrink ten aanskoue van seun


Die mense van Petrus Steyn is in rou gedompel nadat ’n boer van dié distrik voor die oë van sy 14-jarige seun in ’n dam verdrink het.

Fielies Janse van Rensburg (53) van die plaas Vishoek het saam met APK-lidmate op ’n plaas gaan visvang. Die gemeente hou jaarliks so ’n byeenkoms.

Mnr. Janse van Rensburg het met ’n roeibootjie geroei om vis uit ’n net te haal toe die boot omslaan.

Hy het twee keer na die oppervlak gekom en geroep vir hulp.

Van die omstanders het om die dam gehardloop m te gaan help, maar was te laat.

(Foto Beeld)