Oornag ’n Miljarder


Pedro Quezada (44) is in die Dominikaanse Republiek gebore en het R3,1 miljard met die Powerball-lotery in New Jersey, Amerika gewen.

Die staat se lotery-raad het hom nog nie amptelik as die gelukkige wenner geïdentifiseer nie. Sy lotery kaartnommer is egter bevestig.

Die eienaar van die kafee waar die kaartjie gekoop is, het ‘n kopie van die kaartjie gewys wat aan Quezada behoort.

Quezada, die vader van vyf kinders sal ‘n uitbetaling van sowat R1,4 miljard ná belasting ontvang.

Dit is die vierde grootste prysgeld in Powerball se geskiedenis.

Pedro wil sy hele familie finansieel help.