Onthulling: Nog vermorsing deur regering


Die onwilligheid en onbekwaamheid van amptenare om instandhouding te doen, is blykbaar die hoofrede waarom die land se verouderde en lekkende waterstelsels miljarde Rand gaan kos om te vervang.

Die Minister van Waterwese, Edna Molewa, sê van die bevindinge van ‘n verslag is dat die land jaarliks van 1,58 miljard kubieke meter gelewerde water nie rekenskap kan gee nie.

Beramings toon dat byna 40% van die water wat gelewer word, vermors word, teen ‘n koste van meer as R7 miljard.

Kenners is van mening dat dit, soos in die geval van Eskom krag, hoofsaaklik deur plakkerskampe en lokasies vermors word waarvoor daar ook nie betaal word nie.