Omstrede minister al weer in buiteland


Die beleërde minister, Lulu Xingwana, het weer onder skoot gekom oor nóg ’n oorsese besoek te midde van wat in haar Departement beskou word as ernstige probleme.

Minister Lulu is nou in New York. Sy gaan glo ’n Suid-Afrikaanse afvaardiging na die Verenigde Nasies se vroue-konferensie lei.

Die konferensie duur tot 15 Maart.

Die IVP se woordvoerder het gesê dit is onaanvaarbaar dat sy nog ’n praatsessie oorsee bywoon.

Die minister se departementele woordvoerders wou nie uitwei oor die koste van die besoek nie, ook nie oor hoeveel mense na die konferensie is nie.

Die minister het vurige kole uit talle oorde op haar gekry na haar gewraakte uitlatings oor Afrikaner mans.