Obama besoek Suid-Afrika


Die Amerikaanse president, Barack Obama beplan glo om Suid-Afrika vanjaar te besoek.

Sy adviseurs besluit glo om op die regte tyd Afrika en Suid-Afrika te besoek. Dit sal sy tweede amptelike besoek aan Afrika wees. Hy het Ghana in Julie besoek.

“Obama se besoek aan Afrika het ten doel om vier aspekte te hanteer, naamlik die bou van demokrasie, sekuriteit, handel en ontwikkeling,

Hy sal waarskynlik ook die Afrika-Unie-byeenkoms in Etiopië in Mei vanjaar wil bywoon om dié liggaam se 50ste bestaansjaar te herdenk.

Hy gaan na verwagting binnekort bekendmaak dat sy voormalige politieke direkteur Patrick Gaspard, wat oorspronklik van die Demokratiese Republiek van die Kongo is, die VSA se nuwe ambassadeur in Suid-Afrika is.

Waarnemers is dit eens dat die besoek van Obama die land miljoene Rand uit die sak gaan jaag en die ANC sal die rassekaart weer gebruik tydens die besoek.