O-Transvaal premier wil 700,000 werksgeleenthede skep


David Mabuza, die ANC premier van Oos-Transvaal sê dié provinsie beplan om teen 2020 meer as 700 000 werksgeleenthede te skep.
Dit beteken dat die provinsie gemiddeld sowat 100,000 werksgeleenthede per jaar moet skep.

Die provinsie het met sy uitgebreide openbare werkprogram gedurende in die eerste ses maande van die vorige boekjaar glo meer as 40,000 werksgeleenthede geskep.
Waarnemers is van oordeel dat dit moontlik dieselfde belofte is as wat pres. Zuma gemaak het en toe kom daar dadels van die baie werksgeleenthede.