Nuwe rigting in ondersoek na geestesversteuring


‘n Neurowetenskaplike van Suid-Afrika, prof. Henry Markram, hoop om nuwe inligting rondom geestesversteurings te verkry deur ’n digitale brein te bou.

Prof. Markram sê hulle wil ‘n nuwe fondament, ‘n nuwe instrument ontwikkel, wat mense sal toelaat om in die brein te kyk. Dit is ‘n meer sistematiese benadering tot enige siekte.

Hy het ‘n toelaag by die Europese Unie vir die projek bekom van sowat R12 miljard.

Die projek word deur ‘n superrekenaar by die Swiss Federal Institute for Technology in Lausanne, Switserland, vervaardig.

Na wat berig word sal sowat 200 navorsers sal saam met prof. Markram aan die projek werk wat na verwagting tien jaar sal duur.

Die projek sal waarskynlik ook help met Alzheimer se siekte.