Nuwe pous aangewys


Die Roomse Katolieke het gisteraand kennis gekry wie die 266ste Pous is.

Kardinaal Jorge Bergoglio (76) van Buenos Aires, Argentinië, is as die opvolger van pous Benedictus XVI aangewys.

Hy het die naam Franciskus I gekies en sodoende die eerste pous in honderde jare geword wat ’n heel nuwe naam kies en is ook die eerste pous in meer as 1,000 jaar wat buite Europa woon.