Nuwe geiser-element ontwikkel in SA


Mnr. Bert Human en sy broer Jan het ’n nuwe element vir ’n warmwater geiser ontwerp wat tot 40% besparing op krag meebring.

Die nuwe tegnologie wat gewone geisers hoogs effektief maak, kan die druk op Eskom en op verbruikers aansienlik verlig.

Turbo HeatXchange vervaardig die nuwegeslag-geiser-element wat tot 40% se besparing moontlik maak. Dit verhit die water baie vinniger en dek ’n groter oppervlakte.

Die uitvindsel is nou internasionaal gepatenteer en was aanvanklik gemik op hospitale en hotelle.

Die fabriek is in Somerset-Wes.
Mnr. Human sê dat die vervanging van die element in huishoudings se geisers is relatief maklik en kan ’n enorme besparing meebring.