Nou toe nou!


Dr. Mamphela Ramphele het onlangs haar Agang politieke forum tot stand gebring as teenvoeter vir die ANC en Cope.

Sy het haarself in omstredenheid gedompel by Westerlinge toe sy aangekondig het dat sy gereeld advies en raad sal gaan haal by die voorvadergeeste.

Nou het sy die ANC sterk gekritiseer oor die hele saak van grondhervorming.

Dr. Mamphela Ramphele sê dat grondhervorming moet uit ’n ander hoek benader word. Die tradisie dat tradisionele leiers soos kapteins en hoofmanne ’n sê het oor grond, is die euwel van die saak. Dit, reken sy, moet verander.

Sy was verlede Sondag een van die sprekers by die opening van die Land Divided 2013-konferensie in Kaapstad.

Ramphele sê die owerhede is een van die probleme van grondhervorming, én dat dit ’n gevolg van die apartheidsera is wat deur die ANC verskans word.