Nog ’n apartheid foefie


‘n Sogenaamde nie-regeringsorganisasie het glo ’n beroep op die president gedoen vergoeding te betaal aan slagoffers van apartheidsmisdade..

Die Khulumani-groep het gesê president Jacob Zuma moet dit op die manier doen soos wat grondeise heropen is.

Volgens die ondersteuningsgroep is net meer as 16,000 slagoffers vergoed, terwyl daar tot 150,000 slagoffers kan wees.

Politieke waarnemers sê dit is ’n nuwe manier van lui werkloses om geld te kry sonder om ’n vinger te verroer.

Sodra daar nie regverdiging vir bedel is nie, word die apartheidskaart gespeel, en dit is ’n foefie, word gesê.