Nieu-Seeland ervaar droogte


Die wereldprys van melk het rekordvlakke bereik weens die geweldige droogte in Nieu-Seeland.

Tydens die onlangse aanlyn Fonterra-internet verkoping het melkpryse die hoogte ingeskiet.

Die droogte in Nieu-Seeland het veroorsaak dat melk aankopers gesukkel het om voorraad te kry.

Die meer as 10,000 melkboere in Nieu-Seeland produseer jaarliks sowat 16 miljard liter melk.

Fonterra is waarskynlik een van die grootste kopers van melk in Nieu-Seeland.

In Suid-Afrika het melkproduksie in Januarie die laagste vlak sedert 2010 behaal en die droogte het aanleiding gegee tot die onttrekking van talle boere uit die bedryf.

’n Skaarste aan plaaslik geproduseerde suiwelprodukte word in die vooruitsig gestel vir 2013.