Nege mense in sedanmotor


Twee volwassenes en ‘n kleuter is in ‘n ongeluk buite Bloemfontein dood toe die bestuurder beheer oor sy BMW verloor het.

‘n Woordvoerder vir Netcare 911 sê nege passasiers is uit die BMW geslinger toe die voertuig verskeie kere gerol het.

Twee ander insittendes is ernstig beseer en ‘n baba het kritieke kopbeserings opgedoen.

’n Woordvoerder oor padveiligheid sê dit is verbasend dat daar nege mense in ’n sedan motor kan ry sonder om van die pad afgetrek te word deur verkeersmense. Die vraag ontstaan hoeveel het veiligheidsgordels gebruik, het hy gesê.